Bloed

'n Paar rooibloedselle
'n Bloeiende vinger
'n Bloedskenker

Bloed is 'n vloeibare, sirkulerende weefsel en 'n klewerige, donkerrooi, ondeursigtige vloeistof met 'n souterige smaak. Hoewel dit na 'n homogene vloeistof lyk, bestaan dit in werklikheid uit 'n vloeibare deel, die bloedplasma, en verskillende bloedselle wat daarin dryf. Die bloedplasma is saamgestel uit water, proteïene, anorganiese soute, organiese bestanddele, gasse en sekresies. Die bloedselle is saamgestel uit rooibloedselle (eritrosiete), witbloedselle (leukosiete) en plaatjies (trombosiete).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search